Outdoor Recipes

                                        
 

                                                          

 

BESTANDELE:
2 Rolle
Skilferkorsdeeg
1 Pak Spinasie
Gaar Hoenderborsies(Gerookte Hoenderborsies kan ook gebruik word)
1 Pakkie Gesnipperde Spek
1 Ui
1 Rooi Rissie
1 Geel Rissie
1 Pak Sampioene
Feta
Cheddar Kaas 
Chakalaka (die een met die sweetcorn in) 


METODE:
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.
(Nie te  dun nie anders gaan vulself hom pap maak)
Braai ui, rissie , spek sampioene saam
Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by.
1. Sit helfte van rou spinasie op deeg.
2. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie.
3. Sit uie en spek en sampioen mengsel op (maak seker dit is goed afgekoel) 
4. Sit Chakalaka (die een met die mielies in) op die vulsels.
5. Strooi nou kaas oor
6. Eindig met ander helfte van spinasie.
7.Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk.
8. Maak deeg oral toe, soos 'n pakkie (ek het myne met vurk toe  gedruk)
Gebruik rooster wat toe knyp (ek stel voor pak vd begin af jou lae klaar op rooster wat gespuit is)
Braai hoog op vuur.
Braai 15 minute,draai gedurig om.
Braai tot mooi goudbruin
Doen dieselfde vir kleiner pasteitjies (vir my meer hanteerbaar)  sit elkeen se eie vulsel in en druk toe
Bron: Onbekend
Plasing & veranderinge: : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Normal 0 false false false EN-ZA X-NONE X-NONE